Die volgende musiekleerlinge van Hoërskool Robertson het uitstekend gevaar in die onlangse eisteddfod.
Uitslae is as volg:
*Mariana Botha (Klavier) – Kry twee cum laude sertifikate. 90% vir altwee items.
*Bianca Süssmann (Fluit) – Kry drie goud sertifikate. Vir klavier kry sy ook twee cum laude sertifikate.
*Lehandre Wolmarans (Klavier) – Kry twee goud sertifikate en een medalje met ‘n pragtige 95%.
*Lehandre Wolmarans en Christine Van Zyl kry ‘n cum laude sertifikaat vir hul klavierduet.
*Jana van Zyl (Klavier) – Kry een goud sertifikaat en een cum laude sertifikaat.
Baie geluk! Julle is beloon vir jul harde werk!
Foto heel bo:
V.l.n.r is dit Mariana Botha, Lehandre Wolmarans, Jana van Zyl, Christine Van Zyl en Bianca Süssmann.