Tarah Ibrahim (Gr 8) en Elmi Bruwer (Gr 10) van Hoërskool Robertson het vanaf 29 Maart tot 9 April, as deel van die WP-span, aan die SACOPA (SOUTH AFRICAN CHAMPIONSHIP OF PERFORMING ARTS) kompetisie in Rustenburg deelgeneem.
Tydens die kompetisie het Elmi 4 goue, 5 silwer en 1 brons medalje ontvang asook twee items bo 90%. Elmi het dus vir 6 items bo 90% behaal.
Tarah het 4 goue,3 silwer en ook vir twee items gekwalifiseer bo 90%. Tarah het dus ook vir 6 items bo 90%.
Dansers kwalifseer in die items waarvoor hulle goue medaljes of 90 % behaal het, vir die Suid-Afrikaanse span wat in Julie aan die Wêreld Kampioenskappe in Los Angeles gaan deelneem. Indien hul wel gaan deelneem kan hulle hul Suid Afrikaanse kleure verwerf.
Baie geluk aan hierdie twee dansers!