Hoërskool Robertson het ook ‘n fondsinsameling gehou en talle lede van die gemeenskap en buite die gemeenskap was betrokke, Dit het gegaan oor landelike beveiliging van Robertson waar hulle kameras opsit in dorp en buite dorp vir veiligheid.
Die ford bakkie se loting het toe saterdag plaas gevind en die wenner van die bakkie was toe Mnr Heindrie Marais en ons wens hom baie geluk met die wen van ‘n splinter nuwe bakkie.
Ons as Hoërskool Robertson wil ook die gemeenskap uit die diepte van ons hart bedank vir almal se ondersteuning en betrokkenheid by hierdie projek.
Ons waardeer u opreg.
Foto: Vlnr: Henk Oosthuizen (Robertson Risk Mangement), Heindrie Marais (Wenner van die bakkie),Mnr Jacqeus Bradford ( Skoolhoof) en Jacqeus Swart ((Rola Ford)