Op 21 November 2020 bied Hoërskool Robertson in samwerking met Robertson Gholfklub ‘n Gholfdag aan.
Hoërskool Robertson is geleë in die pragtige dorp Robertson in die Wes Kaapprovinsie wat bekend staan as die vallei van wyn en rose in die hartland van die wynroete.
Hoërskool Robertson het begin met ‘n volle 11 seuns en 13 dogters. Vandag, 91 jaar later, het die leerdergetalle tot 520 gegroei met ‘n aantal van 23 personeellede. Ons leuse, “Velle Est Posse” beteken, “Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg”.