Foto: Lee-Roy Müller
Na ‘n baie lang veldtog om as die wenners van School of Rugby se Campus Cup kompetisie te eindig, moes ons ongelukkig in die kwarteindrondte die knie teen HS Zwartkop buig.
Ons pad was as volg:
Rondte 1: Punt (833 stemme) vs HS Koffiefontein (303 stemme)
Rondte 2: Punt (2800 stemme) vs HS Diamantveld (2700 stemme)
Rondte 3: Punt (3000 stemme) vs HS Alberton (2800 stemme)
Rondte 4: Punt (6500 stemme) vs HS Waterkloof (6200 stemme)
Rondte 5: Punt (2539 stemme) vs HS Nico Malan (2321 stemme)
Rondte 6: Punt (2857 stemme) vs HS Zwartkop (3127 stemme)
Soos u sal sien het Punt groot skole soos Hoërskool Diamantveld en Waterkloof uitgeskakel!
“We are proud of what we have achieved and would like to thank everyone who has voted for Point High School. Without your loyalty and support we would not have come this far.”
Danksy u stemme het ons wel die eersteplek onder die “kleiner skole” gewen en ‘n kontantprys van R5000 vir die die skool gewen.