)

Hoërskool Punt skitter by ATKV-DigiSpanpraat

Spanfoto vlnr: Gratia Pauw, TJ Vorster, Evert Potgieter en Johannes Pretorius

Punt skitter by ATKV-DigiSpanpraat. Hoërskool Punt is baie trots op hul graad 9-span wat ‘n uitstekende A++ behaal het.

Die span se toespraak het gehandel oor die onderwerp “Etikette hoort op klere”. Dit is geskryf deur Me. Stefanie Keyser wat die span reeds sedert hul gr 6 jaar  afrig.

By Hoërskool Punt speel kultuur-aktiwiteite ‘n groot rol. Die volgende kultuur-aktiwiteite word by die skool aangebied: CANSA, Debat, eerstehulp, groenenergie, HYPI (gemeenskapsdiens), Natuurklub, Fotografieklub, Redenaars, SCA en skaak.

Met ATKV-DigiSpanpraat, ’n opwindende nuwe digitale platform, gaan jong redenaars en families hulself (en hul redenasies) behoorlik kan toets. Waar een redenaar sy standpunt vorm en dan ’n gehoor daarvan moet oortuig, berus die onus nou op die span om mekaar eers van elke standpunt te oortuig voordat hulle uit een mond kan saam gesels.

Hierdie aanlynkompetisieformaat bied spanne die geleentheid om van ’n afstand hul verskillende persoonlikhede, opinies, idees en oortuigings te orden om daardie een standpunt met mening oor te dra.

Foto verskaf

Lees meer oor Punt:

https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/knysna/

https://www.pointhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal