Punt se prefekte is bevoorreg om hul eie lokaal te he waar hulle gedurende pouses, voor en na skool kan kuier/werk:

Oom Willem Koekemoer se ou voorgeskrewe boekstoor verander na ‘n pragtige, goed toegeruste, prefektekamer.

Baie dankie aan Dr. Potgieter en sy vrou, Alet, wat die kontrakteur, Danie Morkel-Brink, bygestaan het om hierdie stylvolle prefektekamer vir ons prefekte in te rig. ‘n Baie groot dankie ook aan Mnr. Imieel van Zyl wie se inisiatief dit was om hierdie fasiliteit vir die prefekte beskikbaar te stel.

Dr. Potgieter het vanoggend die lint geknip om die prefektekamer amptelik in te wy. Dit het natuurlik gepaard gegaan met koffie en cupcakes!!

Punt-prefekte geniet die nuwe vergaderplek en bly altyd “Proudly Punt”!

Foto:  vlnr

Loumari Muller (hoofdogter),  Dr. Potgier en Maurice Bernardo (hoofseun).

Become a Sponsor