Die personeel van Hoërskool Punt in Mosselbaai was die afgelope naweek op verskeie plekke aktief betrokke.
Vier van die manspersoneel, Mnr. R. Botha, Mnr. G. Steinhöbel, Mnr. Q. D’Elboux en Mnr. M. Neethling is na Brits vir ‘n rugby-afrigtingskursus.
Die dames was weer op die stofpad! Die dames het op Saterdag die Jakkalsvlei Trail Run aangepak. Me. A. Pienaar het die 25 km MTB te fiets afgelê. Me. H. Slabber (12 km), Me. C. D’Elboux (6 km), Me. J. van der Merwe (6km) en Me. N. Schoeman het weer die drafskoene aangetrek.
Baie geluk aan Me. J. van der Merwe wat in die damesafdeling, in die eersteplek geëindig het!
(foto) me. J van der Merwe is regs op die foto