Hoërskool Punt. Hoërskool Punt van Mosselbaai verwelkom graag vir Fritz Bührmann en Lolana Menne as nuwe onderwysers vir 2022. Get to know Point High School’s new staff members.
Meneer Fritz Bührmann is afkomstig van Stellenbosch. “Ek is trots om Hoërskool Punt as die eerste skool te hê waarby ek kan skool hou. Ek sien uit om by Punt: ‘n betekenisvolle impak te maak (cliche, I know, maar daar is partykeer ‘n rede hoekom iets cliche is).”
Juffrou Lolana Menne kom van ‘n plaas naby De Aar in die Noord-Kaap. “Ek het in 2021 by Hoërskool Wagpos in Brits wiskunde geletterdheid en kuns gegee en in 2020 het ek ‘n paar maande by Uplands in Witrivier kuns gegee. Ek sien uit vir die nuwe ervarings en mense, en natuurlik die see.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za