Die jaarlikse Vaatjie gholfkompetisie het op 10 November in winderige toestande plaasgevind. Die wenners van die 9 putjie kompetisie was J Joubert en S du Plessis van Laerskool Hartenbos en die wenners van die 18 putjie kompetisie was
G Steinhobel en Q D’Elboux van Punt. Die algehele wenner van die Vaatjie kompetisie was Punt met 118 punte, Laerskool Park tweede met 114 punte en Laerskool Hartenbos derde met 108 punte. Baie dankie aan die borge wat die pryse vir die kompetisie moontlik gemaak het en die spelers wat die kompetisie in goeie gees afgehandel het.
Aangeheg foto van Punt-personeel wat betrokke was:
Quinton D’Elboux, Karen vd Berg, Jannie Slabber, Riekie Lessing, Michiel Neethling, Gustav Steinhobel, Marais Pelser en Imieel van Zyl.
Voor: Kobus Swanepoel met die trofee