[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Dit was Vrydag, 16 Februarie 2018 weer Hoërskool Punt se jaarlike Vlotvaart op Santos Strand in Mosselbaai.
Al die leerders en personeel het reeds om 7:25 by die strand aangemeld en die normale register is geneem. Daarna is die dag op gepaste wyse geopen met die klank van die branders in die agtergrond.
Nadat al die formaliteite afgehandel is het die kompetisies in alle erns begin! Daar was aktiwiteite soos “touchies”, bou van sandkastele, Mnr. en Me. Santos, Ysterman, Vlugbal, Vlotvaart en nog baie meer.
Die leerders het ook “pouse” gekry waartydens hulle lekker in die branders kon baljaar. Die NSRI en nooddienste was heeltyd teenwoordig om almal se veiligheid te verseker.
Me. K van den Berg was in beheer van hierdie groot hoogtepunt van die skooljaar.
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.73″ posts_number=”7″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” gallery_ids=”17360,17361,17362,17363,17364,17365,17366″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]