Hoërskool Punt, Mosselbaai, se matriekafskeid was, soos in die verlede, weer ‘n spoggeleentheid.
Die funksie is op 13 Julie in Mosselbaai se Stadsaal gehou.
Vanjaar se tema was die “Great Gatsby” en dit het ‘n fantastiese atmosfeer geskep.
Die jonge dames en here het uitgehang in pragtige stylvolle skeppings wat bygedra het tot die glansryke geleentheid.
‘n Baie groot dankie aan die Gr 11-leerders en personeel wat baie hard gewerk het om van die aand ‘n reuse sukses te maak.
Winona Huisamen en Estian Hobbs
(Foto deur Sam Botha)
Karlien de Wet en Adriane Golden
(Fotograaf Ansie Nel)
Ammaarah Williams (foto heel bo)
(Photographer Yogi Steyn)