Foto bo: Kaitlyn Kruger, Caria Kruger, Tiara Kruger, Bianca Muller, Cassidy Smit en Jaco Meintjes.
Hoërskool Punt van Mosselbaai se DBV-kadette van 2020 het onlangs hul balkies, sertifikate en T-hemde ontvang.
Die DBV streef daarna om kinders by alle aspekte van diereversorging betrokke te kry. Hul DBV-kadetopleiding behels ‘n intensiewe kursus deur die jaar wat teoretiese en praktiese werk insluit om die jongmense bloot te stel aan die versorging van mishandelde en verwaarloosde diere agter die skerms wat die DBV daagliks hanteer.
Hierdie kursus verseker dat wanneer die kadette hul kennis oor diereversorging oordra, hulle vertroue het in die wete dat hulle die publiek met feite kan bemagtig.
Foto verskaf