Leerders van Hoërskool Punt wat boeke of tydskrifte aan die HYPI-projek skenk, ontvang ‘n “cupcake” vir elke 10 boeke of tydskrifte wat hul bring.
Verlede kwartaal se boeke en tydskrifte is geskenk aan die Môreson Kinderhuis en Haven Nagskuiling.
Leerders wat boeke of tydskrifte wil skenk, kan dit in die krat voor Me. van Staden se kantoor plaas.
Leerders moet hul naam by sit sodat hulle ‘n “cupcake” kan kry.
Op die foto saam met Me. Van Staden (middel) verskyn Lisa Coetzee en Minette van Zyl, die projekleiers.