Hoërskool Punt se Greenergy-klub het op 9 September 2020 hul deel gedoen vir Nasionale Boomplant-week. Dankie aan Me. K. van den Berg wat die projek voorgestel het en die borge wat die boompies geskenk het.
Ooshuizen, Marais en Pretorius Prokureurs het 5 boompies geskenk en LH Consultants 1 boompie. Baie dankie vir u ondersteuning, dit word opreg waardeer.
Nasionale Boomplantdag is van 1945 tot 2000 in Suid Afrika gevier, waarna die regering dit na ‘n Nasionale Boomplantweek, gewoonlik die eerste week van die lente, uitgebrei het. Twee bome word gekies, ‘n algemene en ‘n skaars soort, en uitgelig om openbare bewustheid van inheemse bome te verhoog.
Op die dag word bosbou en bome in die algemeen beklemtoon, terwyl die gevare van bosbrande uitgelig word. Dit is ‘n gulde geleentheid om ‘n nuwe boom te plant, een te borg of om voeding en kompos by bestaande bome by te werk.
Bome is van kardinale belang vir die mens se voortbestaan. Dit bekamp lugbesoedeling, vervaardig suurstof, help om koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder. Dit voorkom ook gronderosie, verskaf skaduwee en help dat vog stadiger uit die grond verdamp. Die hout van bome word gebruik om papier, meubels, geboue en bote te maak.
Die twee bome wat vir 2020 geïdentifiseer is, is die Essenhout (Ekebergia Capensis Cape Ash) en die Kremetart Boom (Adansonia Digitata).