Hansie Barnard van Hoërskool Punt in Mosselbaai, is in die Top 20 in die Wes-Kaap en in die Nasionale Top 60 na sy deelname Saterdag, 27 Julie, in Kaapstad. Die finale uitslae sal gedurende Augustus bekend gemaak word.
Foto: Hansie Barnard en Mnr. Lance van Niekerk (Personeellid Hoërskool Punt) wat Hansie na Kaapstad vergesel het.