Cameron de Vos, Donay Meyer, Marjohandie Heunis, Dané Barnard, Monique Pienaar (Punt-leerders van Mosselbaai) van Dynamic Dance Academy, het aan die SASAFF (South African Fitness Sport and Fitness Federation) se SA dans-kampioenskappe vanaf 30 Junie tot 2 Julie te Kaapstad deelgeneem. Die volgende dansers wat in die groep “Reload Revolution” – mega crew division gaan deelneem het, het weggestap met ‘n 1ste plek in die 12 jaar en ouer kategorie en hul volle Protea klere verwerf. Hulle sal SA verteenwoordig 16 -21 Oktober 2018 te Amsterdam, Nederland.
Kristin de Vos, Sidney Adams en Malaika Versi het vir 2 items gekwalifiseer en vir beide Protea klere ontvang. Hulle gaan small crew dans wat bekend staan as “Ultimo” in die 12-17 jaar ouderdomskategorie en hul mega crew “Reload Revolution” in die 12 jaar en ouer kategorie waar hul ‘n eerste plek verwerf het.
Baie geluk aan al die dansers asook aan hul afrigter, Biancé van Rensburg.
Groepfoto aangeheg:
agter vlnr: Marjohandie Heunis, Cameron de Vos, Monique Pienaar, Dané Barnard.
voor vlnr: Sidney Adams, Malaika Versi, Kristin de Vos, Donay Meyer