Anika Beukes
Agtien Atlete van Hoërskool Punt, Mosselbaai, het aan die Tams, BestMed Madibaz Top10 byeenkoms in Cradock deelgeneem. Die atlete van Punt het 22 medaljes verower (5 Goud, 8 Silwer en 9 Brons).
Punt se beste alteet vir die dag was Anika Beukes (Dogters o/15), wat altesaam 1648 ASA Punte in die 100m (12,62) asook 200m (26.53), verower het. Ander uitslae wat uitgestaan het was Lee Wildemans (Seuns o/14) in die 400m (54.70), Jandri Snyders (Dogters o/15) in die 800m (2:29.09) asook 1500m (5:28.20), Johane de Jager (Dogters o/14) 90m Hekkies (15.75) en Jonique Erasmus (Dogters o/17) in die 100m (13.31).
Punt het ‘n baie jong span ingeskryf waarvan slegs 5 van die atlete 16 en ouer was.
Hoërskool Punt het algeheel 10de geëindig uit ‘n total van 80 spanne. Hulle het slegs 972 ASA Punte benodig vir die eerste plek.
Uitstekend, Punt!