Hoërskool Oudtshoorn is baie opgewonde om bekend te maak dat hulle steeds die jaar voortgaan om mnr en mej Struisie te hou. Ons neem die kinders af in verskeie areas in en rondom Oudtshoorn en plaas dan die episodes as aanloop tot die kroning. “Ons maak dus van die omgewing gebruik in plaas van ‘n opgemaakte saal. Ons het ook die kinders in 4 groepe verdeel en aan elke groep ‘n gemeenskap projek toegeken. Die kinders moet hul eie inisiatief gebruik om insamelings te koordineer en reël, asook die gemeenskap uit te nooi om deel te raak van die instansie. Mnr en Mej Struisie is vars, nuut, natuurlik en trots Oudtshoorn en ons sien uit na die kroning, wat ons voorlopig vir die 29ste Augustus beplan.”
https://www.facebook.com/hoerskool.struisies/videos/222432075765264