)

Hoërskool Oranje Meisies se Hoofdogter van 2020 se emosies lê vlak met afskeid

Hoërskool Oranje Meisies se Flo Truter het emosioneel gesê dat dit vir haar ‘n voorreg was om die Hoofdogter van die skool vir 2020 te kon wees.
Saam met al die euforie en gelukwensings van leerders wat tot leierskapposisies verkies is, was Woensdag, 30 September  se seremonie vir ander ’n somber geleentheid.
In besonder die matrieks wat die leisels aan die nuwe leiers vir 2021 moes oorhandig nadat hulle weens Covid-19 nie self volkome daarin kon dien nie. Die emosies het vlak gelê.
Flo Truter het in haar afskeidsboodskap aan die skool gesê ondanks die moeilike jaar, was dit vir haar ’n voorreg om as hoofdogter te dien.
“Elke oggend as ek skool toe gery het, het my ma vir my gesê: ‘Flo, om in Oranje te wees is nie jou reg nie, maar jou voorreg’. Oranje dit was ’n voorreg om julle hoofmeisie van 2020 te wees,” het sy haar toespraak afgesluit. Haar ma (Flolinda, prefek in 1990) en tannie (Evelyn, hoofdogter in 1993) het ook as leiers by die skool gedien.
“Ek dink ons almal kan saamstem dat 2020 nie uitgedraai het soos ons dit beplan het nie. Maar ek glo daar is twee maniere hoe jy na 2020 kan kyk.
Of as die jaar van teleurstelling, hartseer en onsekerheid of as ’n jaar van familietyd, rus en nuwe geleenthede. Baie van ons het vir die eerste keer in ’n lang tyd vir langer as twee maande saam met ons gesin deurgebring en uitgevind hulle is eintlik nice mense.
“Die pandemie het nuwe geleenthede geskep. Ek was vir vyf maande ’n virutele hoofmeisie en dit het my die kans gebied om nie net Oranje aan te raak nie, maar ander mense ook.
“Covid het gebeur of ons nou daarvan hou of nie. Ja daar was teleurstellings en hartseer, maar ook nuwe geleenthede en die kans om te rus. Die keuse hoe jy 2020 gaan onthou, lê by jou. Een ding wat Covid my geleer het, is om elke dag aan te gryp, want môre is vir niemand belowe nie.
“Oranje, mag 2021 ’n jaar vol verwagtinge en drome wees. ’n Jaar van baie geleenthede en passie. Mag julle drie nuwe hoofleiers so sterk wees soos die driedubbelde tou van Prediker 4 vers 12,” het sy gesê.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal