Dié twee skrander skaakspelers van Hoërskool Nylstroom, Jacky Shingange (Gr12) vir die O/20 span en Thato Selema (Gr10) vir die O/18 span, is gekies om Capricorn Distrik op Nasionale vlak te verteenwoordig. Hierdie Nasionale Skaakkampioenskap sal plaasvind op 3 Januarie tot 8 Januarie 2018 te Boksburg, Gauteng.
Skuif vir skuif gee hierdie Nylies die pas aan!
Foto: v.l.n.r: Jacky Shingange, Thato Selema