)

Hoërskool Noord-Kaap: Radikale Redenaarskompetisie 2019 & 2020

Foto vlnr: Danté Jansen, Alyssa Jacobs, Casner Klein en Johané Schon 

Radikale Redenaarskompetisie 2019

Hoërskool Noord-Kaap neem jaarliks aan die Radikale Redenaarskompetisie deel. Die volgende leerders het baie goed presteer:

Danté Jansen (gr. 11 in 2019) eindig 3e op nasionale vlak in die Afrikaans/Engelse Tweetaligheidsafdeling vir voorbereide toesprake.  Vir hierdie prestasie ontvang hy erekleure tydens die skool se kleureseremonie.

Danté het ook tot by  die  nasionale  ronde van die 2019- On the Tip of your Tongue  Public Speaking deurgedring. Vir hierdie prestasie het hy volkleure tydens die skool se virtuele kleureseremonie ontvang.

Alyssa Jacobs (gr. 11 in 2019) is die nasionale wenner in die Afrikaans Addisionele Taalafdeling vir voorbereide toesprake. Alyssa ontvang ook erekleure (die skool se witbaadjie) vir hierdie uitstekende prestasie

Alyssa het ook hierdie jaar (2020) aan die ATKV  se Afrikaans Senior Olimpiade deelgeneem en behaal ‘n 2e plek in die provinsie in die Addisionele Taalafdeling.

Radikale Redenaars 2020

Die volgende leerders het volkleure tydens die skool se virtuele kleureseremonie vir hul prestasies ontvang.

Johané Schon (gr. 11)  neem in twee kategorieë deel : Afr. Huistaal Voorbereide Toespraak en English Additional Language Prepared Speech.

In die Afr. kategorie word sy 6e op nasionale vlak geplaas en in die Eng. kategorie eindig sy 2e op nasionale vlak.

Casner Klein (gr. 10) neem in die afdeling English Home Language Prepared Speech deel en word 6e op nasionale vlak geplaas.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal