Foto vlnr: Danté Jansen, Alyssa Jacobs, Casner Klein en Johané Schon
Radikale Redenaarskompetisie 2019
Hoërskool Noord-Kaap neem jaarliks aan die Radikale Redenaarskompetisie deel. Die volgende leerders het baie goed presteer:
Danté Jansen (gr. 11 in 2019) eindig 3e op nasionale vlak in die Afrikaans/Engelse Tweetaligheidsafdeling vir voorbereide toesprake. Vir hierdie prestasie ontvang hy erekleure tydens die skool se kleureseremonie.
Danté het ook tot by die nasionale ronde van die 2019- On the Tip of your Tongue Public Speaking deurgedring. Vir hierdie prestasie het hy volkleure tydens die skool se virtuele kleureseremonie ontvang.
Alyssa Jacobs (gr. 11 in 2019) is die nasionale wenner in die Afrikaans Addisionele Taalafdeling vir voorbereide toesprake. Alyssa ontvang ook erekleure (die skool se witbaadjie) vir hierdie uitstekende prestasie
Alyssa het ook hierdie jaar (2020) aan die ATKV se Afrikaans Senior Olimpiade deelgeneem en behaal ‘n 2e plek in die provinsie in die Addisionele Taalafdeling.
Radikale Redenaars 2020
Die volgende leerders het volkleure tydens die skool se virtuele kleureseremonie vir hul prestasies ontvang.
Johané Schon (gr. 11) neem in twee kategorieë deel : Afr. Huistaal Voorbereide Toespraak en English Additional Language Prepared Speech.
In die Afr. kategorie word sy 6e op nasionale vlak geplaas en in die Eng. kategorie eindig sy 2e op nasionale vlak.
Casner Klein (gr. 10) neem in die afdeling English Home Language Prepared Speech deel en word 6e op nasionale vlak geplaas.
Foto’s verskaf