Waldo Jones, ‘n graad 10-leerder van Hoërskool Noord-Kaap, het verlede naweek (13 tot 14 September) in Stellenbosch aan ‘n oudisie vir die toekenning van ‘n SAKOV-beurs deelgeneem. SAKOV is die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (gestig in 1980) en beywer hom vir die bevordering van kerkmusiek in Suid-Afrika. SAKOV het hierdie jaar 31 beurse in verskillende kategorieë toegeken. Waldo was een van slegs 4 skoliere wat saam met volwasse kerkorrel-spelers aan die oudisies deelgeneem het. Hy is dan ook die jongste ontvanger van ‘n SAKOV-beurs in die 2019-groep.
Become a SponsorSuid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg
Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…










