TROTS GROEN-ATLETE SKITTER OP TOP 20

Atlete van Hoërskool Noord-Kaap het skitterende vertonings op die Hartswater Top 20-byeenkoms, gehou op Saterdag 18 Februarie, gelewer.

Die HNK-span verower 4 trofeë: Beste atleet van die dag: Cameron Hufke; Beste Senior baan-atleet S 0/19 – Cameron Hufke; Beste S0/17 Baan-atleet – Jacquin van Wyk en Beste dogters 0/17-veldatleet Marilee Hanekom.

Hierdie blitsvinnige, talentvolle span breek 7 rekords op die dag.

HNK wen die meeste goue medaljes vir die dag: 15 goues; 6 silwer en 2 brons medaljes. Die S0/19-aflosspan wen hierdie item in ‘n asemrowende rekordtyd van 43.00sek.

HNK ATLETE PRESTEER WEER OP NK-PROVINSIALE BYEENKOMS

Hoërskool Noord-Kaap se atlete het weereens puik prestasies behaal op die jaarlikse Noord-Kaap provinsiale atletiekbyeenkoms Saterdag op De Beers-stadion.

Maurice Amerika (18 – seuns o/19) Goud in 100m; 200m én verspring.  Kwalifiseer ook vir SA byeenkoms.

Romeo van Wyk (15 – seuns o/17) Brons in 400m en Goud in 800m.

Uwen Brown (15 – seuns o/17) Brons in hoogspring.

Alex Massamba (15 – seuns o/17) Silwer in driesprong en Goud in hoogspring.

Alessandro Carolus (13 – seuns o/15) Goud in verspring.  Kwalifiseer ook vir SA byeenkoms.

Elrick Moolman (14 – seuns o/15) Goud in hoogspring.  Kwalifiseer ook vir SA byeenkoms.

Marilee Hanekom (15 – dogters o/17) Silwer in hammergooi.

Yvelna Viljoen (15 – dogters o/17) Brons in hammergooi.

Jacquin van Wyk (15 – seuns o/17) Goud in 100m en 200m.  Nuwe SA rekord vir seuns o/17 100m – 10.09 sekondes.  Kwalifiseer ook vir SA byeenkoms. 

 

Become a Sponsor