)

Hoërskool Nelspruit Rugby-tuiswedstryde met goeie uitslae beklink

Vir die eerste keer sedert skolesport weens die Covid-19 pandemie gestop is, is daar weer kompeterend rugby op NHS se tuisveld gespeel.

Op Saterdag, 15 Mei het NHS teen Transvalia in die eerste wedstryde van die Noordvaal Virsekerbeker se Bekerkompetisie te staan gekom.

Duisende toeskouers het op DigiTV ingeskakel en die A-span wedstryde regstreeks gekyk. Daar was hierdie keer ook deurentyd kommentaar gelewer. PJ Coetzee en Christo Nel, albei graad 12-leerders wat op die Rhinos se krukkelys is, het ‘n uitstekende taak verrig. Hulle kennis en entoesiasme is aansteeklik.

Behalwe vir die o/15’s wat gelykop 14-14 gespeel het en die tweedespan wat met 12-13 verloor het, het al die ander spanne gewen.

Uitslae:
o/14A wen 40-10
o/14B wen 31-14
o/14C wen 38-0
o/15A gelyk 14-14
o/15B wen 50-0
o/16A wen 22-7
o/16B wen 18-12
2de verloor 12-13
1ste wen 42-3

Albei skole se eerstespanne was vuur en vlam vir hierdie kragmeting. Die wedstryd was fisies en taai  vandat die beginfluitjie geblaas is.  Die Laeveld-hitte het die besoekers stelselmatig uitgeput en het daartoe gelei dat Transvalia se span heelwat foute gemaak het. Ten spyte van die goeie skrumwerk en lynstane van die opponente het die Nellies net meer balbesit gehad en minder foute begaan. Die staatmaker, Christiaan Gates, het 22 van die 42 punte aangeteken. Hy het ook twee drieë gedruk en is as speler van die wedstryd aangewys. “Hy is ‘n begaafde speler en definitief iemand wat in die toekoms dopgehou moet word,” sê mnr Chris Mans die span se afrigter. Nog ‘n speler wat uitgeblink het, was Henru van der Merwe met sy kraglopies.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal