Romé van Druten, ‘n graad 9-leerder, het aan die Sprekervaardigheid- en Leeskompetisie, wat deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk geborg word, deelgeneem en puik presteer.
Die Afrikaanse Onderwysnetwerk het vanjaar weer die finaal geborg, ‘n eFinaal a.g.v. die staat van inperking. Romé het ‘n goue medalje verower. Hierdie Dassie het die beoordelaars geweldig beïndruk, soos die uittreksel uit die brief wat aan die skool gestuur is, duidelik bewys. “Baie geluk aan hierdie ervare spreker met die prestasie. Ons land het veel meer sprekers van hierdie formaat nodig.”
Baie geluk met hierdie puik prestasie Romé!