Esmé de Wet, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het die Nellie du Toit Merietetoekenning vir Unisa graad 5 sang, verwerf.
Slegs die leerder met die hoogste punt in elke graad ontvang hierdie toekenning. Dit is dus ‘n uitstaande prestasie!
Baie geluk, Esmé! Jy maak die Dasse trots.