Vlnr: Marilie Kotze, Shanay Kriek, Nicola Nieuwoudt, Kaylan van Heerden, Kaitlin Hoops, Leandri Serfontein, Didintle Oats en Ansheila Oosthuizen.
Hoërskool Kalahari van Kuruman se Netbal maak geskiedenis!
Kalas se O/14 netbalspan van 19 – 20 Julie by Hoërskool EG Jansen in Boksburg aan die Nasionale Kampioenskappe vir Hoërskool-spanne deelgeneem.
Sover vasgestel kon word, is dit die eerste keer dat ‘n netbalspan van Hoërskool Kalahari saam met die beste netbalskole in die land aan die Nasionale Toernooi deelneem. Kalahari se O/14 netbalspan het tydens die provinsiale uitspele 2de geëindig en sodoende gekwalifiseer om aan die Nasionale Toernooi deel te neem.
Hoërskool Kalahari se uitslae:
Vrydag 19 Julie
Eldoraigne: verloor 5 – 21.
Middelburg: verloor 15 – 16.
Tloukwena: wen 17 – 9
Kalahari eindig dus 3de in hul poel.
Saterdag 20 Julie
Oorkruis uitspele teen:
Capricorn: wen 16 – 11
Gelofte: wen 21 – 9
Kalahari eindig dus 17de in die land. Wat ‘n besonderse prestasie om teen die beste skole in die land mee te ding en in die top 20 te eindig.
Kalas is baie trots op hierdie span en hulle afrigter, Mev Juliana Nel.