JF nie net ʼn skool nie, maar ʼn leefwyse!
Gelukkigheid is die grondslag vir kinders om na hulle beste vermoë te presteer. Dit is die oortuiging waarmee JF onderrig aanpak. ʼn Skool gebou op ses waardes naamlik: omgee, verantwoordelikheid, respek, geloof, integriteit en lojaliteit as pilare en gevul is met gelukkige kinders wat na 5 jaar met ʼn matrieksertifikaat om op trots te wees, die wêreld aanpak.
As JF-leerder kan jy verseker wees van 5 gebalanseerde jare, saamgevleg deur akademie, sport en kultuur. Die oomblik as jy in graad 8 vir die eerste keer jou “strepies-baadjie” -volgens my die mooiste skoolbaadjie wat bestaan – aantrek, betree jy ʼn leefwyse van skaterlag, mooi herinneringe, harde lesse en waardevolle trane.
Trek jou skoolskoene aan en kom dans oor ons stoepe. Hier waar jy vir 5 jaar kan saai om lewenslank te oes.
Jim Fouché skool, jy is vir my en dalk is hierdie gelukgedrewe skool ook vir jou!
Anke de Kock: Hoofdogter