Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein is baie trots op die uitslae van die 2020 matrieks. Hulle het, ten spyte van al die teenslae in 2020, steeds baie goed presteer.
Die slaagsyfer is 100% en 94% het geslaag met universiteitvrystelling.
Wikus Vorster is JF se toppresteerder met 93,7%, 9 onderskeidings en een van die top 10 in die Vrystaat.
4 Leerders, Anke de Kock, Corné Beyers, Carike Beyleveld en Jan-Adriaan bekker het elk 7 onderskeidings behaal.
3 Leerders, Anke Boshoff, Elizri Malan en Anja Rust het elk 6 onderskeidings behaal.
4 Leerders, Tarien van der Walt, Nikita Niemand, Lané Rossouw en Luanie Schoemanhet elk 5 onderskeidings behaal.