Foto bo: Vlnr: Mienke Herbst, Claudia Stipp, Phillip Herbst
Om jou sê te kan sê, is ‘n belangrike vaardigheid. Die RRF streef daarna om vir almal die geleentheid te bied om voor ‘n gehoor op te tree deur ‘n toespraak te lewer.
Redenaars op skoolvlak is meer as net praat-kompetisies. Nie net lewer redenaars ‘n positiewe bydrae tot elke spreker se selfvertroue nie en selfkonsep nie, maar dit dra ook tot verbeterde kommunikasievermoëns by. Die RRF poog om die RRF so lekker, lig en informeel as moontlik te hou.
Klem val op aanmoediging en motivering, eerder as kritiek. Die volgende leerders het vanjaar aan die onderskeie afdelings deelgeneem en hul uitstekend van hul taak gekwyt:
REDENAARS: Phillp Herbst Graad 11 – A+
Annabel de Jager Graad 10 – A
Claudia Stipp Graad 10 – A
Lisa Best Graad 9 – A
Mienke Herbst Graad 9 – A
Zaheer Marney Graad 8 – A
LEES: Marcelle van der Merwe Graad 9 – A+
Baie geluk aan Annabel, Zaheer, Mienke en Phillip wat kwalifiseer vir die Streeksfinaal. Julle is topredenaars! Die skool is besonder trots op Marcelle wat deurdring na Nasionale Finaal wat beplan word vir 16 Oktober 2021 in Pretoria.
Foto’s verskaf