Een van die grootste besluite van jou lewe is die keuse van ‘n hoërskool.
Aangesien gr.7-leerders reeds in kwartaal 1 van hul graad 7-jaar moet aansoek doen vir toelating tot ‘n hoërskool, het die graad 6-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck vandag by ons besoek afgelê.
Dit was vir ons sommer baie lekker om hierdie entoesiastiese groep te verwelkom.
Daar is omtrent ge-“ooee” en ge-“aaaa” en die NW-laboratorium, mooi tuine en lekker atmosfeer by die skool was gunstelinge!
Ons weet dat julle baie uitsien daarna om deel te word van ons JvR-familie.