)

Hoërskool Hoopstad hou Graad 1 Opedag

GRAAD 1 OPEDAG. Dis altyd ‘n fees om die toekomstige Hoopies te verwelkom. Dit was ‘n baie lekker dag by die GROOT-skool en hulle het dit baie geniet om die gesiggies hier by Hoopies te verwelkom.

Hulle is elkeen baie spesiaal en Hoopies sien uit om hul volgende jaar by Hoërskool Hoopstad te verwelkom. Juffrou Elzanne en Hoopies se nuwe leerlingraad het hul verwelkom by die voorportaal waarna hul na die Graad 1 klas gegaan het.

Elke leier het hom/haar bekend gestel aan die nuwe leerdertjies en ook vertel wat maak Hoopies lekker.

Soos gewoonlik het hul ook ‘n tydjie gemaak om by die seuns-en dogterskoshuise te gaan kuier waar hul elkeen ‘n kolwyntjie kon versier en ‘n yskoue koeldrankie drink. Baie dankie tannie Tittie le Roux, tannie Santie Vorster, tannie Aletta van Zyl en tannie Elderei Steenkamp van die koshuiskomitee wat hulle so bederf het.

Hoopies kan nie wag om julle volgende jaar weer te sien!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal