Foto links:
Hoërskool Florida leerder presteer by RAK-Kunswedstryd
• Robyn Joubert van Hoërskool Florida, het tydens die RAK-Kunswedstryd in die Drama-afdeling deelgeneem. Sy verwerf twee diplomas (A++) vir haar “English Comedic Monologue” en Afrikaans Dramatiese Monoloog, asook twee A+ vir “Afrikaans and English Poetry”. Baie geluk, Robyn!
Foto Links:
Hoërskool Florida skuts na SA’s
• Baie geluk aan Florries se skuts – ‘n jaar se harde werk is tydens die prysuitdeling beloon. 25 Lede van ons skietklub (13 is Florries) is gekies om Gauteng later vanjaar by die SA’s te verteenwoordig. Hartlik geluk aan elke skut: Nadine Nel, Christiaan Bredenkamp, Johan van Heerden, Louwtjie Louw, Ethan Kirstein, Monique van Wyk, Jean Kilian, Daniel Klopper, Shalize Jansen, Theunis Kruger, Jacques Steyn, Wian de Wet en Jaco Horak, al die skietouers en hul afrigter, mev. Annerien Snyman en mnr. Adriaan Snyman. Dit is voorwaar ? puik prestasie en ons is baie trots op julle. Baie sterkte met jul voorbereiding.
Vlnr voor – Ethan Kirstein, Monique van Wyk, Johan van Heerden
Vlnr agter – Jaco Horak Christiaan Bredenkamp, Louwtjie Louw.
Foto links:
Florries presteer by SAARA se Gauteng Ope
• Caitlin Oelofse, Nadine Nel en Christiaan Bredenkamp van Hoërskool Florida het op 10 en 11 Augustus aan SAARA se Gauteng Ope te FSK deelgeneem. Caitlin verower twee goue medaljes in die dames o/20-10M Olimpies en in die 3P-posisie. Nadine verower ook twee goue medaljes in die dames o/16-10M Olimpies en in die 3P-posisie. Caitlin skiet ‘n 200/200 vir haar 3P lê posisie en Nadine en Christiaan ‘n 100/100 vir hul 3P lê posisie. Baie geluk!
Foto links:
Hoërskool Florida IDOLS
Alhoewel al 14 deelnemers van Florries wenners in hul eie reg was, wil ons aan die volgende deelnemers baie geluk sê:
Derde plek: Nicole le Roux, Tweede plek: Kristi Lambrecht en Eerste plek: Caitlin Oelofse
Caitlin het ‘n kontantprys van R2100 gewen asook ‘n foto en musiekvideo pakket geborg deur Spectacular Events.
Vlnr: Kristi Lambrecht, Caitlin Oelofse en Nicole le Roux
FLORRIES GOT TALENT
Hoërskool Florida se saal het behoorlik gebars van opwinding. Die Florries het behoorlik met hul talente kom spog. Baie geluk aan die volgende wenners vir 2018:
Kategorie wenners:
Solodans: Andrea de Lange Foto 5
Groepdans: Naam van Groep NLF Foto 6
Instrumenteel: Zane Snashall
Groepsang: Kristi Lambrecht en Karli Pretorius Foto 7
Algehele wenners:
Derde plek (groepsang): Renier Liebenberg en Abigail La Manna
Tweede plek (groepsang): Kristi Lambrecht en Karli Pretorius Foto 7
Eerste plek (groepdans): Lizo Lorekwang, Lucky Maqungwane en Tshiamiso Moncho Foto 8
HOËRSKOOL FLORIDA GASVRYHEIDSTUDIE OLIMPIADE
Baie dankie aan Jennifer Idle, Dominique Dreyer, Simone Baker, Darnette Swarts, Tenicke Smit, Lelani Lucas, Danika van der Walt en Dephni Mokhine wat op Woensdag,1 Augustus aan die Gasvryheidstudie Olimpiade deelgeneem het. Ons glo dat die TUT-Delphidag jul help met die voorbereiding.
Vlnr: Dephni Mokhine en Lelani Lucas.