Fichardtpark Voortrekkers Kommando Jeugleiers. Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein is baie trots op Elane Bender en Jeanre Coetzee met hul verkiesing as Brandkop Voortrekkers se nuwe Kommando Jeugleiers vir 2021-2022. Ons bid julle seën toe op julle werk.
Baie geluk aan Elane en Jeanre.
#houkoers #fichietrots #jouvoorkeurskool
Brandkop Kommando is die Voortrekker kommando wat verbind is aan Hoërskool Fichardtpark. Hulle vergader Maandae om 17:00-18:00.
Daar word elke kwartaal ‘n kommandobyeenkoms gehou. Elke span kry die geleentheid om ‘n kommandobyeenkoms te beplan en aan te bied. Elke byeenkoms is gekoppel aan ‘n tema.
Gr 8’s – Natuur, Gr 9’s – Sosiaal, Gr 10’s – Godsdiens, Gr 11’s – Kultuur, Gr 12’s – Spele.
Kokkedoor:
Die Verkenner Kokkedoor word aan die einde van die tweede kwartaal word die kokkedoor program aangebied. Elke jaar is daar ‘n nuwe tema. Die wenspan ontvang ‘n prys en ‘n trofee. Ons voedingskole word altyd genader om as beoordeelaars op te tree.
Die Offisiere Kokkedoor vind plaas die eerste Vrydag na die Verkenner kokkedoor. Offisiere moet ‘n 3 gang maaltyd voorberei met dit wat hulle ontvang. Die kommandojeugleiers tree op as beoordeellaars.
Lees Meer oor Fichies:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/