Foto links: Adriaan Howell as Malcolm (links), Viané Brink as Donalbain (middel) en Sithe Mazaleni as Duncan (regs)
Foto Regs: Elé Theart as Lady Macbeth (links) en Asher Ward as Macbeth (regs)
Die toneelstuk, “Macbeth” se speelvlak het afgeskop by die Klein Teater van die Kunste Akademie by Fichardtpark Hoërskool in Bloemfontein. Drama-leerders aan die Akademie voer onder meer vanjaar die klassieke drama van William Shakespear, “Macbeth” as deel van hul teaterproduksies op. Die drama is ook ‘n voorgeskrewe boek in Engels vir die matriekleerlinge.
“Macbeth Act 1” is in die nuwe Klein Teater by die skool hierdie week aangebied. “Ons is baie opgewonde oor die tot standkoming van die Klein Teater projek wat ‘n geskikte lokaal is en spesiaal toegewy is aan die ontwikkeling van kultuur aktiwiteite, veral drama by die skool”, volgens Mnr Herman van der Merwe, skoolhoof.
Act 2 vind plaas op 6 en 7 April 2021. Die ander drie bedrywe sal deur die jaar opgevoer word. Die Akademie is in 2019 gestig met die doel om kultuur en kuns onder die leerders te vestig en ‘n geleentheid te bied vir gemeenskapsondersteuning vir die kunste.
“Macbeth”, die teaterproduksie word in sy geheel deur die drama-matrieks aangevoer. Dit sluit in die teks en regie wat deur Zané van der Merwe (graad 12) behartig is, vertaling na moderne Engels, kostuums, oudisies en bemarking. 25 Leerders neem in sy geheel aan die projek deel. “Die interaksie tussen die leerders is spontaan en vir die Akadmie is dit ‘n nuwe manier om ‘n eeu-oue, bekende drama aan te bied sodat dit inpas by vandag se tienerkultuur en sosiale omgewing en die betrokkenheid van ander grade se dramaleerders is baie opwindend “ se Jean-Mari Lombard, drama-onderwyseres.
Die Klein Teater benodig hulp uit die gemeenskap en gedurende 2020 is daar met opknappingswerk begin deur nuwe teels wat gelê is. Die teater het ook ‘n nuwe laag verf gekry. Tans word finansiële ondersteuning gesoek vir die stoffeer van die teaterstoele, nuwe gordyne en die opgradering van die ligte. Hou gerus die Hoërskool Fichardtpark Kunste Akademie se Facebook blad dop vir nog tonele in die toekoms. Navrae kan aan Jean-Mari Lombard by 0795091525 gerig word.