Mnr en mej Fichie 2021 is op Dinsdag 25 Mei tydens ‘n glansgeleentheid aangewys.
Die tema was New York, en dit was beslis ‘n aand van glans en talent. Baie dankie aan Vileské Couture wat die finaliste besonders laat lyk het in hul aanddrag.
Dankie aan Nicolette Oelofse van Majestic Beauty vir die grimering en aan Sweatgear vir die unieke sportdrag wat ons finaliste aan die publiek kon wys.
Die wenners van die aand was as volg: Mej Persoonlikheid: Liné van Huyssteen. Mnr Persoonlikheid: Cabous Jacobs #instaface-foto-favourites: Dylan van den Berg en Rianke Verster. Mnr Fotogenies: Cabous Jacobs Mej Fotogenies: Juané Bester.
Mnr Fichie 2021: Nicholas Julies. 1ste Prins: Arno Marais. 2de Prins; Dylan van den Berg.
Mej Fichie 2021; Zané van der Merwe. 1ste Prinses: Megan Visser. 2de Prinses: Simonay Harms.
Foto’s verskaf