Juandré van der Merwe, leerder van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, is tot die Vrystaat Skole-Gholfspan verkies. Juandré geniet dit om Gholf te speel en sien daarna uit om ver te vorder in sy gholfloopbaan.
Die gholf by Hoërskool Fichardtpark is ook aan die gang en die seuns het reeds ‘n paar ligawedstryde agter die rug.
Die seuns het ook aan die Fichies se sportdag deelgeneem en in ‘n BBS – kompetisie saam met ‘n speler van ‘n besoekende skool gespeel. Juandrè van der Merwe en sy maat was die wenners met 44 punte.
Fichies is trots op jou, Juandré!
Foto verskaf
Meer oor Hoërskool Fichardtpark:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/