Hoërskool Fichardtpark. Die Gr8’s van 2022 is op Dinsdag, 1 Februarie amptelik as Fichies ingehuldig, tydens die Baadjie-Seremonie van 2022. Elke Graad agt leerder moes eers ‘n oriënteringstoets, wat oor Hoërskool Fichardtpark gehandel het, aflê. Dit sou bepaal of hulle hul baadjie mag ontvang of nie.
Ons kan met trots sê dat al 188 Fichie-Graad 8’s dié toets geslaag het en dus hul baadjie kon ontvang.”
Graad 8 klasverteenwoordigers van elke klas moes ook die Graad 8-belofte, namens hul klas onderteken. In hierdie belofte onderneem hulle om die waardes van ware Fichies ten alle tye na te streef.
#fichietrots #fichiegraadagt #voorkeurskool



Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








