Fichies se Fees van Gees is in volle swang en ding raak baie interresant.
Die Wolves het van die kaiings uit die vuur gekrap om die Wicked Warriors te wen. Die Thunder het hulself weer aansprakers gemaak met ‘n mooi oorwinning teen die Mavricks. Die punteleer vir die toernooi toon tans dat 4 spanne naamlik die Thunder, Mavricks, Royal Riders en die Wolves almal elk met 1 oorwinning op 4 punte staan.
Gister het die spanne gerus, maar vanmiddag sê hul mekaar weer die stryd aan.
Foto’s verskaf