Hoërskool Fichardtpark bedank elkeen vir die bydrae van ‘n verskeidenheid projekte.
Eerstens die doppies vir die Doppie-projek vir die Sweatheart Foundation om te help vir ‘n rolstoel skenking vir iemand. Dan ook die kospakkie-projek waar hulle vir 11 gesinne reeds kospakkies gegee het, asook die klere wat ingesamel is vir die Streetstore-projek.
“Uit ons Fichie harte sê ons baie dankie aan elkeen se bydraes en skenkings. Ons waardeer dit opreg en baie mense se harte word met blydskap en waardering gevul.”
#fichieomgee#streetstore#sweetheartfoundation#jouvoorkeurskool