*Die blou van my rok en die wapen op my bors is die rede vir my trots.*
Mede-Fichies
As die nuutverkose hoofdogter van 2021 wil ek graag my visie met julle deel.
Ek sien uit na ‘n nuwe jaar vol verwagtinge, harde werk en om memories te bou. Met die drie ander hoofleiers aan my sy, asook die leerderraad, weet ek ons sal ‘n verskil in die skool kan maak. Ons idees en passie vir ons skool sal die dryfkrag van ons termyn wees.
Ek sal daarna streef om die skool en die leerders, wat elkeen van julle insluit, eerste te stel. As ‘n verteenwoordiger van Hoërskool Fichardtpark sal ek ook altyd die skool se naam hoog hou en die waardes uitleef.
My droom vir elke persoon is dat in 2021 daar ‘n atmosfeer van moed, gees en trots sal heers. En dat ons hand-aan-hand, met ons oë gerig op Jesus, ons skool na hoër hoogtes sal neem.
“Don’t be pushed around by the fears in your mind. Be led by the dreams in your heart.” – Roy T. Bennet