Fichardtpark in Vrystaat Landloopspan. Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein is baie trots op Mianda Nel. Sy is gekies vir die Vrystaat landloopspan.
Fichardtpark neem altyd die voortou met atletiek. Die skool spog vanjaar met die geesbeker, atletiekbeker en damesatletiekbeker vir die jaar 2020.
Fichardtpark se atlete presteer jaarliks op provinsiale en nasionale vlak. Provinsiale atletiek word gereël en beheer deur Vrystaat Atletiek, wat op hulle beurt deel vorm van Atletiek Suid-Afrika.
Atletiek by Hoërskool Fichardtpark beweeg elke jaar van krag tot krag. Fichies is seker hulle sal weer heelwat leerders in verskeie Suid-Afrikaanse spanne verteenwoordig.
Lees meer oor Hoërskool Fichardtpark:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/