)

Hoërskool Ermelo vaar goed vanuit die wegspringblokke

Nege Erries het op Saterdag 27 Februarie aan die eerste Atletiek-liga van Noord Gauteng deelgeneem. Hierdie leerders het elkeen individueel ingeskryf vir die byeenkoms.

Lana Herholdt (o/19) neem deel aan die 400m-hekkies en eindig met ‘n persoonlike beste van 67.51 sekondes. Sy verbeter ook haar persoonlike beste vir die 100m-hekkies met 15,92 sekondes.

Carla Ferreira (o/17) gooi ‘n afstand van 38,58 meter in die spiesgooi-item.

Zané du Plessis (o/16) eindig met ‘n tyd van 78,52 sekondes in die 400m-hekkies.

Mia Davel (o/15) behaal persoonlike bestes in beide haar items. Sy eindig met tye van 47,48 sekondes en 14,60 sekondes in onderskeidelik 300m- en 90m hekkies.

Michaela Hand (o/14) se afstande in gewigstoot en skyfwerp is onderskeidelik 11,09m en 28.9m.

Ruan du Toit (o/19) hardloop die 400m in 53,31 sekondes.

Chester Mpahlele (o/16) eindig met ‘n tyd van 4 minute en 36 sekondes tydens sy 1500m.

Bongmusa Vilakazi (o/16) voltooi sy 1500m in 4 minute en 22 sekondes.

Tyrone Berning (o/15) behaal ook ‘n persoonlike beste in die 300m-hekkies met ‘n tyd van 39,45 sekondes. In hoogspring behaal hy ‘n hoogte van 1,85m.

Baie geluk aan elkeen van die atlete wat deelgeneem en besonder goed presteer het. Dankie dat julle Hoërskool Ermelo se naam hoog hou. Die Erries is trots op julle en wens julle toe vir die byeenkomste wat voorlê.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal