38 Van EHS se leerders het vanjaar aan die Internasionale Afrikaanse-Ekspo deelgeneem in die Opstel-kategorie en ‘n hele paar leerders het besonder goed presteer:
Lana Grobler, graad 11, verwerf ‘n goue sertifikaat. Berné de Kock, Lydia Landman en Franchoné Mulder, al drie ook in graad 11, asook Ansu Klopper, graad 10, Charis Brundyn, graad 9 en Nadia Kluyts, graad 8, verwerf almal silwer sertifikate.
Ande de Kock, graad 8-leerder kry ook ‘n goue sertifikaat en word aangewys as kategorie-wenner.
Baie geluk, Erries! Ons is besonder trots op julle!
Foto hierbo:
(voor, vlnr): Franchoné Mulder, Lana Grobler, Nadia Kluyts en Lydia Landman
(agter, vlnr): Charis Brundyn, Anke de Kock, Berné de Kock en Ansu Klopper