Op Saterdag, 27 Oktober, het die jaarlikse prysuitdeling van die Hoëveld Jeugkoor in Standerton plaasgevind.
Dié besondere groep kinders kom van regoor die Hoëveld en die Erries is trots daarop dat daar agt van die EHS-leerders deel is van die talentvolle koor.
Dit verg uiterse selfdissipline, veral omdat die oefening elke Vrydagmiddag vanaf 15:00 tot 19:00 plaasvind. Dit op sigself is reeds ‘n teken van vasberadenheid waarop die Erries trots kan wees!
Drie van die Erries, Yané Broekman (foto bo:), Lindani Khanyi en Desmond Slabberts het vanjaar Erekleure ontvang vir drie jaar deelname. Lindani het ook, ten spyte van ‘n vol en moeilike matriekjaar, dié jaar as solis saam met die koor opgetree.
Dit is voorwaar ‘n besondere prestasie.
Baie geluk aan elke Errie wat deel vorm van die uitstaande koor en dankie vir elkeen se bydrae tot hierdie pragtige kultuur.