)

Hoërskool Ermelo staan uit by Hoëveld Jeugkoor-prysuitdeling

Op Saterdag, 27 Oktober, het die jaarlikse prysuitdeling van die Hoëveld Jeugkoor in Standerton plaasgevind.
Dié besondere groep kinders kom van regoor die Hoëveld en die Erries is trots daarop dat daar agt van die EHS-leerders deel is van die talentvolle koor.

Dit verg uiterse selfdissipline, veral omdat die oefening elke Vrydagmiddag vanaf 15:00 tot 19:00 plaasvind. Dit op sigself is reeds ‘n teken van vasberadenheid waarop die Erries trots kan wees!

Drie van die Erries, Yané Broekman (foto bo:), Lindani Khanyi en Desmond Slabberts het vanjaar Erekleure ontvang vir drie jaar deelname. Lindani het ook, ten spyte van ‘n vol en moeilike matriekjaar, dié jaar as solis saam met die koor opgetree.

Dit is voorwaar ‘n besondere prestasie.

Baie geluk aan elke Errie wat deel vorm van die uitstaande koor en dankie vir elkeen se bydrae tot hierdie pragtige kultuur.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal