Musiek is genesing vir die siel en die Erries se Kunstesentrum is trots op hiérdie musiek-leerders vir hul besonderse goeie uitslae tydens 2017 se Royal School-eksamen:
Esmé Joubert (foto heel bo) slaag haar graad 4-klavier met ‘n onderskeiding van 90%.
Khayzek du Toit (foto links) slaag sy graad 3-klavier met
‘n onderskeiding van 92%.
John Lloyd (foto links) slaag met
85% sy graad 2-klavier.
Baie geluk aan elkeen. Julle harde werk en ure se oefening gaan nie ongesiens verby nie.