Hayley van der Walt graad 8-leerder van EHS, het gedurende die grendeltyd deelgeneem aan oudisies vir ABS-Produksies se Speeltoneel 2020 in samewerking met aktrise Desire Gardner.
Hayley moes een van haar monoloë instuur en is gekies om vir 12 maande saam met hulle te werk. Hierna staan sy ‘n kans om in ‘n kort film te speel in Februarie 2021. Desire Gardner is beter bekend as Carmen wat in Suidooster speel.
Hayley het reeds vanaf 1 Junie begin werk saam met Desire Gardner en word via aanlynlesse deur die bekende aktrise afgerig.
Baie geluk, Hayley! Die Erries is voorwaar trots op jou en wens jou alle voorspoed toe.