)

Hoërskool Ermelo se graad 11’s ontvang met trots hul Streepbaadjies

Hoërskool Ermelo het op Maandagaand 2 November 2020  hulle jaarlikse Streepbaadjieseremonie in die EHS-Ouditorium gehou. Tydens die funksie word die graad 12-streepbaadjie aan volgende jaar se matrieks deur hul ouers oorhandig.

Hiermee saam word verskeie formuliere voorgelees. Met die aantrek van die baadjie stem die leerders in om die verantwoordelikhede as leiers na te kom soos uiteengesit in die formuliere.

Die ouers wat die baadjie vir die leerders aantrek onderneem ook, saam met hul kind, om die reëls, verantwoordelikhede en verwagtinge van Hoërskool Ermelo te respekteer en hul kinders te ondersteun in die leierskapsrol wat hy of sy inneem in hul graad 12-jaar.

Die streepbaadjie is simbolies vir die leierskap wat die Erries hoog op prys stel – dit is nie net die Errieraad wat as leiers gesien word nie, maar al die matrieks. Hulle word onderskei van die res van die leerders, omdat hulle die Erries moet lei.

Die streepbaadjie het ‘n diep betekenis en ryke geskiedenis: in 1917 het mej. Adriani, EHS se eerste skoolhoof, die baadjie ontwerp en dit is ingestel as die eerste skoolbaadjie van Hoërskool Ermelo (toe nog genoem die Uitkomstskool). Slegs die erekleure-leerders het die effe-groen baadjie gedra.

In 1996 het die streepbaadjie weggeval as gevolg van die hoë koste van die baadjie, omdat die materiaal nie meer beskikbaar was nie.

In 2010 het wyle mnr. Bok Martins die streepbaadjie weer ingestel. Die materiaal word ingevoer en EHS het patentreg op hierdie materiaal. Dit is net nog ‘n area waar die Erries uitstyg bo die res.

Die wit van die baadjie is simbolies vir reinheid en hoop. Moed en hoop is die simboliek van die groen.

Tydens die seremonie is die Skoolbybel en -vlag aan 2021 se presidente oorhandig.

Die Bybel is oorhandig aan Anke de Kock as simbool van geloof. Dit het gepaard gegaan met die wens: “Glo in God en glo in die toekoms. Neem dit as ‘n lig vir jou pad – ook vir die Erries.”

Aan Arend Fourie is die skoolvlag oorhandig. Die vlag simboliseer eenheid in wil en eenheid in strewe vir Hoërskool Ermelo. Daarmee saam ook die wens: “Neem dit en bou ‘n beter toekoms vir ons skool en ons land.”

Die streepbaadjie lê die Erries na aan die hart en dit is elke jaar vir die graad 11’s ‘n groot hoogtepunt om hul baadjies te ontvang. Hoërskool Ermelo se leerders dra dit met trots en passie, soos wat dit die Erries betaam.

Hoërskool Ermelo wens die graad 11’s van 2020 alle seën en sterkte toe vir die matriekjaar. Mag elkeen groei tot die leier wat EHS wéét in elkeen van julle is.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal