)

Hoërskool Ermelo se Droomboom wen!

Die EHS het Nelstehuis se droomboom ingeskryf vir die jaarlikse  Gaufestival:  “Bome is lewe”-kompetisie. Die kompetisie het behels dat die boom se omtrek en hoogte gemeet moes word. Daar moes ook ‘n foto saamgestuur word.

DROOMBOOM 1Die prysuitdelingsfunksie het op 1 Oktober 2017 plaasgevind. Die twee Erries wat hiervoor ingeskryf het wen die eerste prys en skop stof in die Gautengers se oë! Benewens pragtige boeke het hul ook ‘n boom vir die skool gewen – ‘n Papierbasboom!

Daar moes ook ‘n skets van ‘n boom gemaak word, sowel as ‘n gedig oor ‘n boom geskryf word. In hierdie afdeling ontvang Vandré Swart en Liezl Roos ‘n tweede plek.

Die Erries is besonder trots op hul besondere mooi tuin, waarvan die droomboom deel is. Die Erries se talent en veelsydigheid word weereens met hierdie mooi prestasie bevestig!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal